Kies Taal


Klik om antwoord uit te brei expand arrow

Waar kan ek ’n Volwasse Basiese Onderwys en Opleiding-sentrum (VBOO) vind? expand arrow

Klik op die VBOO-distrikskoördineers om ’n lys van Volwasse Basiese Onderwys en Opleiding-sentra in die Oos-Kaap te vind.

Watter medikasie is beskikbaar om H1N1-griepvirusinfeksies te behandel? expand arrow

Slegs die antivirale middels oseltamivir of zanamivir word aanbeveel vir diegene wat die risiko loop om komplikasies te ontwikkel.

Voorgeskrewe medikasie expand arrow

Neem medikasie soos parasetamol of ibuprofen vir verligting van simptome van koors en pyn soos nodig. Hierdie medisyne hoef nie gereeld geneem te word as jou simptome verbeter nie. Moenie aspirien (asetielsalisielsuur) of produkte wat aspirien bevat vir kinders of tieners van 18 jaar en jonger gee nie. Toonbankmedikasie moenie vir kinders jonger as 4 jaar gegee word sonder om eers met ’n gesondheidsorgverskaffer te praat nie. Indien antivirale medikasie vir jou voorgeskryf is, moet jy dit neem soos aangedui (waar van toepassing – sien 5 hier onder). Bedek steeds jou hoes en was jou hande dikwels (selfs wanneer jy jou antivirale medikasie neem) om te voorkom dat jy griep aan ander mense oordra.

Bel die kliniek/dokter as jy (of jou kind) enige gevolge soos naarheid, braking, veluitslag of ongewone gedrag ervaar.

Is middeltoetsing toelaatbaar? expand arrow

Uiteraard is middeltoetsing ’n skending van privaatheid, en dit kan moontlik ook leerders se grondwetlike en persoonlike regte skend. Dit behoort dus nie die eerste vorm van ingryping te wees nie.

Is dit belangrik om ’n kind vir graad R in te skryf? expand arrow

Ja, vroeëkinderonderwys help kinders om beter leerders te word. Hulle leer deur te speel terwyl hulle saam met hul maats pret het; dit is egter nie verpligtend om graad R by te woon nie.

Waar kan ’n mens nagaan of ’n voormalige opvoeder se pensioenvoordele uitbetaal is? expand arrow

Regeringswerknemerspensioenfonds (RWPF)

Blitslyn: 0807 723 646 / 0800 117 669
Inbelsentrum: 012 319 1000

Is daar enige beurse beskikbaar vir studente? expand arrow

Ja. Die Departement het die openbare VOO-kollegebeursskema ingestel. Die DvO verskaf deur die beursskema toegang tot beroepsgerigte onderrig en opleiding by openbare VOO-kolleges.

Wat is die toelatingsouderdom vir ’n graad 1-leerder? expand arrow

Die toelatingsouderdom vir ’n leerder in graad 1 by ’n openbare skool is vyf jaar wat teen 30 Junie in die toelatingsjaar ses jaar moet wees.

Toelating tot graad R is vier jaar wat teen 30 Junie in die toelatingsjaar vyf jaar moet wees.

Ouers mag egter kies om hul kinders graad R en graad 1 toe te stuur teen ’n effens ouer ouderdom, naamlik 5 wat 6 word in die toelastingsjaar vir graad R, of 6 wat 7 word in die toelatingsjaar vir graad 1.

Kan ’n skool uitslae weerhou op grond van uitstaande skoolgeld? expand arrow

Nee. Geen leerder kan toelating geweier word of andersins teen gediskrimineer word op grond van die ouer se onvermoë om skoolgeld te betaal of die nie-betaling daarvan nie.

Wat is die visie en missie van die OKDvO? expand arrow

Visie:

Om leerders die geleentheid te bied om deur middel van gehalte- basiese onderwys produktiewe en verantwoordelike landsburgers te word.

Missie:

Om toepaslike en tersaaklike opvoedkundige programme deur gehalteonderrig en -leer te implementeer, gemeenskaps- en belanghebbende-ondersteuning deur deelname te mobiliseer en ’n kultuur van verantwoordbaarheid op alle vlakke van die Departement te vestig.

Wanneer kan jy van skoolgeld vrygestel word? expand arrow

Ouers kan daarvan vrygestel word om skoolgeld te betaal, afhangend van hul gekombineerde jaarlikse bruto inkomste.

Die kategorieë vir vrystelling is soos volg:

Indien die ouers se gekombineerde jaarlikse bruto inkomste minder as tien maal die jaarlikse skoolgeld per leerder is, kwalifiseer die ouers vir volle vrystelling. Indien die ouers se gekombineerde jaarlikse bruto inkomste minder as dertig maal, maar meer as tien maal die jaarlikse skoolgeld per leerder is, kwalifiseer die ouers vir gedeeltelike vrystelling. Indien die ouers se gekombineerde jaarlikse bruto inkomste meer as dertig maal die jaarlikse skoolgeld per leerder is, kwalifiseer die ouers nie vir vrystelling nie. Die kategorieë is van toepassing indien die jaarlikse skoolgeld op grond van Artikel 39 van die Wet bepaal word.

’n Ouer wat vrygestel wil word van betaling van skoolgeld vir elke individuele leerder by ’n betrokke skool, moet skriftelik by die Beheerliggaamvoorsitter aansoek doen op die vorm wat hulle van die skool kan aanvra.

Watter beurse word deur die OKDvO aangebied? expand arrow

Die Funza Lushaka-beurs is ’n program wat ontwerp is om werwing vir onderwys in veral prioriteits- (landelike) gebiede te versterk.

Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) is ’n beurs-/leningskema wat beskikbaar is vir studente uit voorheen benadeelde agtergronde om aan hoëronderwysinstellings te studeer. Aansoekvorms is verkrygbaar by NSFAS-kantore by alle hoëronderwysinstellings.

Kan ’n kind registrasie geweier word? expand arrow

Voedingsgebiede is geskep ten einde die leerdergetalle in skole te beheer en ouervoorkeure te koördineer. Daar moet eerste voorkeur gegee word aan ’n leerder wat in ’n skool se voedingsgebied woon.

’n Leerder wat buite die voedingsgebied woon, kan aansoek om toelating by enige skool van sy keuse doen; toegang tot die gekose skool kan egter nie gewaarborg word nie.

Hoe kan ek om ’n VOO-kollegebeurs aansoek doen? expand arrow

Skryf in by ’n openbare VOO-kollege vir NSB-programme en doen aansoek om ’n beurs.

Skorsing van ’n leerder expand arrow

’n Openbare skool se beheerliggaam kan ’n leerder na afloop van ’n regverdige verhoor van skoolbywoning skors as ’n korrektiewe maatreël vir ’n tydperk van nie langer as ’n week of in konsultasie met die Hoof van die Departement nie, hangende ’n besluit oor of 'n leerder deur die Hoof van die Departement uit die skool uitgesit gaan word.

Waar kan ’n mens korrupte skoolhoofde en opvoeders in openbare skole aanmeld? expand arrow

Meld asseblief enige korrupsie by die distriks- of hoofkantoor aan.

Kan ’n kind uit die skool gesit word omdat sy swanger is? expand arrow

Die staat mag nie direk of indirek onregverdig teenoor enigiemand diskrimineer op een of meer gronde nie, insluitend ras, geslag, swangerskap, huwelikstatus, etniese of sosiale oorsprong, kleur, seksuele oriëntasie, ouderdom, gebrek, geloof, gewete, oortuiging, kultuur, taal en geboorte.

Waar doen ek aansoek vir ’n afskrif van my matrieksertifikaat? expand arrow

Skakel mnr Siphelele Mazomba by Eksamens en Assesserings.

Selfoon: 073 522 4314

Fisiese adres: Steve Vukile Tshwete Onderwyskompleks, Sone 6, Zwelitsha, 5608

Posadres: Privaat sak X0032, Bhisho, 5605

Klik op Hulpbronsentrum en kies Vorms om af te laai, Aansoekvorm weens verlore sertifikaat, om die aansoek te voltooi. Jy moet R97 by Standard Bank (besonderhede op die vorm) betaal, bewys van betaling en ’n afskrif van jou ID aanheg, en die vorm deur ’n kommissaris van ede laat teken.

Die drie maklike stappe sal verseker dat die aansoekvorm volledig is.

Sodra dit gedoen is, moet jy die vorm by jou naaste distrikskantoor (eksamenkantoor) ingee. Jy sal dadelik ’n simbolestaat ontvang nadat jy jou aansoek ingedien het en Umalusi sal die werklike sertifikaat binne 4-6 weke druk.

Wat is die pandemiese H1N1-griepvirus? expand arrow

Die pandemiese A(H1N1)-griepvirus (kiem) is ’n nuwe lid van die griepvirusfamilie. Verskillende griepvirusse veroorsaak die jaarlikse seisoenale (winter-) griep en elke paar dekades ’n wêreldwye pandemie.

Griepvirusse infekteer voëls en soogdiere, en is gewoonlik spesie-spesifiek. Soms spring virusse oor van een spesie na ’n ander. Dit lyk asof die pandemiese A(H1N1)-virus in varke ontstaan het; maar dit versprei nie by varke nie of van varke na mense nie, maar slegs tussen mense.

Seisoenale griep by mense lei elke winter in Suid-Afrika tot 6 000 tot 10 000 sterftes en wêreldwyd tot tussen 250 000 en 500 000 sterftes, meestal by mense ouer as 65 en diegene met sekere chroniese mediese toestande. Hierteenoor kom talle sterftes tydens ’n grieppandemie by jonger en oënskynlik gesonde individue voor. Die getal sterftes tydens ’n grieppandemie wissel grootliks, afhangend hoofsaaklik van die virus se hewigheid, maar ook van faktore soos skares mense wat saamdrom, individuele gesondheid, toegang tot gesondheidsorg en voorkomende maatreëls. Skattings van 25 tot 40 miljoen sterftes wêreldwyd word dikwels vir die 1918-grieppandemie aangehaal. Die skattings vir oormaat sterftes wêreldwyd in die 1957- en 1968-pandemies is tussen een en twee miljoen.

Simptome van ’n griepsiekte expand arrow

Dit is dieselfde vir pandemiese en seisoenale griep. Tipiese simptome sluit ’n skielike hoë koors, hoes, loop- of toeneus, seer keel, hoofpyn, liggaamspyne, kouekoors, moegheid en gebrek aan eetlus in. Party mense wat aangetas is, het naarheid, braking en diarree aangemeld.

Wie loop die risiko om komplikasies te ontwikkel? expand arrow

Persone (volwassenes en kinders) met onderliggende mediese toestande en wat gereelde mediese sorg vir chroniese longsiektes (insluitend asma) en hartsiektes (uitgesluit hoë bloeddruk), chroniese nier- en lewersiektes, diabetes mellitus en soortgelyke metaboliese steurnisse ontvang

Individue wie se immuunstelsel onderdruk word (MIV-geïnfekteer, ens.)

Volwassenes en kinders met enige toestand (bv. begripsprobleme, rugwerwelkolombeserings, epilepsie of ander intraspiersteurnnisse) wat dit moeilik maak om te hoes en die risiko loop om respiratoriese afskeidings in te asem

Kinders en adolessente op aspirienterapie en wat die risiko loop om Reyes-sindroom op te doen indien hulle enige soort griep kry

Inwoners van verpleeginrigtings en ander fasiliteite van chroniese sorg

Swanger vroue. Kontakte wat nie griepsimptome toon nie, moet voortgaan met hul gereelde daaglikse aktiwiteite, insluitend om werk of skool toe te gaan, ongeag of hulle in aanraking met iemand was wat H1N1-griep het.

Moet ek getoets word? expand arrow

Daar word NIE algemeen aanbeveel dat mense met ’n griepagtige siekte laboratoriumtoetse laat doen NIE, aangesien dit duur is en nie die behandeling beïnvloed nie. Laboratoriumtoetsing word slegs aanbeveel vir die volgende pasiënte met bogenoemde simptome en ’n kliniese beeld van ernstige respiratoriese siekte waar ’n positiewe toets pasiëntbestuur sal beïnvloed.

Pasiënte met komorbiditeitsiektes en die risiko van ernstige komplikasies (sien 10 hier onder), en wat die simptome en tekens van ernstige akute respiratoriese siekte toon. Groepe gevalle waar ’n diagnose van die oorsaak van die uitbreking nodig is. ’n Individu wat gesterf het waar pandemiese A(H1N1)-griep as die oorsaak van dood vermoed word.

Wanneer om noodbehandeling te soek expand arrow

Indien jou kind enige van die volgende ervaar: Vinnige asemhaling of sukkel om asem te haal Blouerige of grys velkeur Drink nie genoeg vloeistowwe nie Ernstige of volgehoue braking Word nie wakker of reageer nie Is so geïrriteerd dat die kind nie vasgehou wil word nie Griepagtige simptome verbeter, maar keer terug met koors en erger hoes

Waar kan ek ’n toelatingsvorm kry? expand arrow

T.B.C

Hoe doen ek aansoek om of kry ek ’n plaasvervangersertifikaat? expand arrow

Dokumente wat van die aansoeker vereis word:

’n Voltooide aansoekvorm.

Naam en van wat gebruik is toe eksamen geskryf is. Afskrif van ID (gesertifiseer – nie ouer as 6 maande nie).

Getekende en gestempelde beëdigde verklaring van die SAPD wat die oorspronklike sertifikaat se status aandui. Bewys van betaling in die vorm van ’n kwitansie (R141,00, onderhewig aan verandering).

NB: Die vorige sertifikaat word gekanselleer wanneer ’n plaasvervangersertifikaat uitgereik word.

Hoe kombineer ek my matriekuitslae? expand arrow

Dokumente wat van die aansoeker vereis word:

Afskrifte van uitslae wat gekombineer gaan word.

Afskrif van ID (gesertifiseer – nie ouer as 6 maande nie).

Betaling (R141,00, onderhewig aan verandering indien ’n aansoeker kwalifiseer).

Hoe kan ek weer my matrieksertifikaat kry? expand arrow

Administratiewe foute

(voorbeelde: verkeerde spelling van naam of van, verkeerde ID-nommer of geboortedatum as gevolg van invoerfout)

Dokumente wat van die aansoeker vereis word:

1. Aansoekvorm met besonderhede oor verlangde verandering.

2. ’n Gedetailleerde beëdigde verklaring wat die volgende aandui:

a) Naam, van, ID-nommer / geboortedatum, kontakbesonderhede van die betrokke persoon, bevestiging dat hy/sy die regmatige eienaar van die sertifikaat is.

b) Die rede vir die versoek.

c) Die rede waarom die fout nie voor die uitreiking van die sertifikaat ontdek is nie.

d) Stappe wat geneem is om die fout voor die uitreiking van die sertifikaat reg te stel.

3. Gesertifiseerde afskrif van die ID-dokument of geboortesertifikaat (nie ouer as 3 maande nie) wat uitgereik is voordat die eksamen geskryf is.

4. Oorspronklike Umalusi-sertifikaat.

Dokumente wat van die distrik / provinsie vereis word:

• Beëdigde verklaring van die distrik/provinsie wat aandui:
• Hoe die fout gedentifiseer is;
• Watter stappe geneem is om die fout reg te stel;
• Watter stappe geneem is om ’n herhaling van dieselfde soort voorval te verhoed.

Belangrike inligting:

Geen veranderinge sal op ’n plaasvervangersertifikaat aangebring word tensy die Departement die plaasvervangersertifikaat verkeerdelik aangevra het nie. In daardie geval sal die plaasvervangersertifikaat na Umalusi teruggestuur moet word.

’n ID-dokument/geboortesertifikaat wat uitgereik is nadat die eksamen geskryf is, sal nie oorweeg word nie.

Umalusi behou die reg voor om bykomende inligting aan te vra en/of ’n onderhoud met die kandidaat te voer om sodanige aansoeke te ondersteun.

Wysiging van punte

Dokumente wat van die aansoeker vereis word:

1. Naam, van, ID-nommer / geboortedatum, kontakbesonderhede van die aansoeker.

2. Gesertifiseerde afskrif van ID / geboortesertifikaat (nie ouer as 3 maande nie) wat uitgereik is voordat die eksamen geskryf is.

3. Oorspronklike Umalusi-sertifikaat.

Dokumente wat van die distrik / provinsie vereis word:

1) Aansoekvorm.

2) ’n Afskrif van die merkblad.

3) ’n Afskrif van die voorblad van die antwoordboek (as bewys van die korrekte punt).

4) ’n Afskrif van die ouditspoor van die kandidaat se rekord wat die veranderinge aandui wat aangebring is.

5) ’n Beëdigde verklaring van die distrik/provinsie wat die volgende aandui:

a) Naam, van, ID-nommer / geboortedatum, kontakbesonderhede van die aansoeker;
b) Verandering wat aangevra is;
c) Die rede waarom die verandering aangevra is;
d) Hoe die fout geïdentifiseer is;
e) Waarom die verandering aangevra is nadat die sertifikaat gedruk is;
f) Watter stappe geneem is om die fout reg te stel;
g) Watter stappe geneem is om ’n herhaling van dieselfde soort voorval te verhoed.

Belangrike inligting:

Umalusi behou die reg voor om bykomende inligting aan te vra en/of ’n onderhoud met ’n amptenaar van ’n assesseringsliggaam te voer om sodanige aansoeke te ondersteun.

Die aansoek sal binne 6 maande na sertifisering verwerk word.

Vrywillige veranderinge deur die kandidaat

A. Geslagsverandering:

Dokumentasie van die aansoeker:

1. ’n Voltooide aansoekvorm wat die aangevraagde verandering aandui.

2. ’n Gedetailleerde beëdigde verklaring wat die volgende aandui:

a) Naam, van, ID-nommer / geboortedatum;

b) Die aansoeker se kontakbesonderhede;

c) Bevestiging dat hy/sy die regmatige eienaar van die sertifikaat is;

d) Die verandering wat aangevra is;

e) Die rede vir die versoek;

3. ’n Gesertifiseerde afskrif van ’n ID / geboortesertifikaat of geldige paspoort wat uitgereik is voordat die eksamen geskryf is (alle gesertifiseerde afskrifte moenie ouer as 3 maande wees nie);

4. ’n Gesertifiseerde afskrif van die ID-dokument wat die nuwe ID-nommer en name aandui;

5. ’n Brief van die Departement van Binnelandse Sake wat bevestig dat hulle namens die betrokke persoon en volgens die Wet op die Registrasie van Geboortes en Sterftes, 1992, opgetree het en dat hulle die veranderinge in die bevolkingsregister aangebring het.

Belangrike inligting:

Umalusi behou die reg voor om bykomende inligting aan te vra en/of ’n onderhoud met die kandidaat te voer om sodanige aansoeke te ondersteun.

B. Verandering van naam en/of van

Dokumente wat van die aansoeker vereis word:

1. Gesertifiseerde afskrifte van die kandidaat se ou en nuwe ID-dokumente.

2. ’n Gedetailleerde beëdigde verklaring deur die kandidaat.

3. ’n Brief van die Departement van Binnelandse Sake wat bevestig dat hulle namens die betrokke persoon en volgens die Wet op die Registrasie van Geboortes en Sterftes, 1992, opgetree het en dat hulle die veranderinge in die bevolkingsregister aangebring het.

Regstellings op die nasionale bevolkingsregister

(wat lei tot gewysigde name, ID-nommers en geboortedatums)

Dokumente wat van die aansoeker vereis word:

1. Aansoekvorm met besonderhede van die aangevraagde verandering.

2. ’n Gedetailleerde beëdigde verklaring wat die volgende aandui:

a) Naam, van, ID-nommer / geboortedatum;

b) Die aansoeker se kontakbesonderhede;

c) Bevestiging dat hy/sy die regmatige eienaar van die sertifikaat is;

d) Die verandering wat aangevra is;

e) Die rede vir die versoek;

3. ’n Gesertifiseerde afskrif van ’n ID-dokument / geboortesertifikaat / geldige paspoort wat uitgereik is voordat die eksamen geskryf is;

4. ’n Gesertifiseerde afskrif van die ID-dokument wat die ou en nuwe ID-nommer en name aandui;

5. ’n Gesertifiseerde afskrif van die regsdokument wat deur die Departement van Binnelandse Sake uitgereik is om die veranderinge in die bevolkingsregister te bevestig;

6. Oorspronklike Umalusi-sertifikaat.

7. Alle gesertifiseerde afskrifte moenie ouer as 3 maande wees nie.

Belangrike inligting:

Umalusi behou die reg voor om bykomende inligting aan te vra en/of ’n onderhoud met die kandidaat te voer om sodanige aansoeke te ondersteun.