Inklusiewe onderwys en sosiale samehorigheid verseker dat elke leerder in die provinsie gehalteonderrig ontvang en ’n produktiewe landsburger kan word.
Hierdie pilaar beklemtoon die kritieke rol wat onderwys speel om die samelewing saam te snoer rakende die gemeenskaplike doel om vir ons kinders se toekoms voor te berei.
Inklusiewe onderwys sal die insluiting van kwesbare leerders fasiliteer en hindernisse tot leer verminder deur geteikende ondersteuningstrukture en meganismes wat die behoud van leerders in die onderwysstelsel sal verbeter, veral leerders wat skool moontlik sal verlaat.
Hierdie pilaar fokus op die volgende: Beleid vir sifting, identifikasie, assessering en ondersteuning (SIAS): Implementeer ’n doeltreffende stelsel vir vroeë identifisering en ingryping om hindernisse tot leer aan te spreek.
Implementeer vereenvoudigde provinsiale norme en standaarde en die gebruik van tegnologie vir die monitering en evaluering van die proses rakende die beleid vir sifting, identifikasie, assessering en ondersteuning in die provinsie.
In ooreenstemming met die implementering van SIAS het die Departement ’n teiken van 2 000 in die vorige finansiële jaar gestel wat graad 1- en graad 8-leerders ingesluit het.
Gedurende die LUR se jaarlikse uitreikprogram is leerders rakende gehoor en sig gesif.
Hulle het ook terapeutiese, rehabilitasie- en sielkundige dienste ontvang.