PROGRAMME
Rasionalisering van skole
- Die visie van die Skolerasionaliseringsprogram (SRP) is om die onderwysstelsel in die Oos-Kaap te hervorm en te herorganiseer ten einde gehalteonderrig vir elke leerder, ’n beter onderrigomgewing vir onderwysers en ’n beter toekoms vir almal te voorsien. Die missie van die SRP is om klein, nie-lewensvatbare, nie-presterende skole te rasionaliseer en te herbelyn ten einde finansiële en menslike hulpbronne doeltreffend toe te ken waar dit die nodigste is. Die Skolerasionaliseringsprogram is ’n sorgvuldig beplande en sensitief bestuurde proses wat tot leersentrums sal lei wat lewensvatbaar en toepaslik geleë is, die vermoë en hulpbronne het, en wat goed bestuur word. Hierdie skole sal beter toegerus wees om gehalteonderrig vir die Oos-Kaap te voorsien.
Die Skolerasionaliseringsprogram het die volgende fokusareas:
- Hergebruik en omskep skoolinfrastruktuur om aan verskillende opvoedkundige behoeftes te voldoen.
- Verseker dat alle vakkeuses met die korrekte kundigheid en hulpbronne onderrig word.
- Brei die getal vakkeuses uit om leerders toepaslik toe te rus met die vaardighede wat nodig is vir verdere akademiese en beroepsgerigte strewes.
- Die bevordering van skaars vakaanbiedings soos Landbou, Maritieme Studies, Musiek en meer.
- Vestig nuwe skole waar dit nodig is.
- Vestig skoolkoshuise waar dit nodig is.
- Sluit klein en nie-lewensvatbare skole.
Klein en nie-lewensvatbare skole met geboue van nie-geskikte materiaal- of modderstrukture wat geen potensiaal vir groei het nie, sal nie gebou word nie. Hierdie skole sal gedurende die rasionaliseringsproses van tydelike strukture voorsien word, insluitend ablusiefasiliteite.