Kies Taal


Image

Skoolveiligheid

Skoolveiligheidsoorsig:

• Onderwys is een van die belangrikste boustene waarop ’n billike, inklusiewe en ontwikkelingsamelewing gebou word.
• Daar moet sekere voorvereistes bestaan om die beste opvoedkundige uitkomste te bereik.
• Een van hierdie voorvereistes is dat leerders en opvoeders in skole, en ook op pad na en van skole, veilig is en voel.
• Ongelukkig word skole in Suid-Afrika, soos in baie ander lande, deur geweld en vele ander veiligheidsuitdagings gekenmerk.
• Veiligheid in skole word eksplisiet in die Nasionale Ontwikkelingsplan, asook in die Suid-Afrikaanse regering se Visie vir 2030-plan genoem.

Skoolprogramme om uitdagings in skole op te los, is die volgende:

• Om skole met polisiestasies te skakel.
• Om skoolveiligheidskomitees te stig en die lede op te lei.
• Om toestelle vir dwelmtoetsing te versprei en opleiding in die gebruik daarvan te verskaf.
• Om bewusmakingsprogramme oor dwelm- en middelmisbruik te loods (TADA).
• Om bewusmaking oor bendes en afknouery te kweek.
• Om deursoekings en beslagleggings uit te voer.