Kies Taal


Image

Die NSLP-strategie spruit voort uit die Nasionale Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Strategie vir Leerderprestasie (NSLP) gemik op bystand aan provinsies om veranderinge te implementeer wat tot verbeterde leerderuitkomste regdeur die basiese onderwysstelsel sal lei.

Sleutelingrypingsareas wat deur die NSLP-strategie geïdentifiseer is, is ook deur die Jaarlikse Nasionale Assesseringsuitslae van 2013 en 2014 bevestig.

Vyf pilare is as die hoekstene van departementele strategieë ontwikkel om die taak om skole by te staan, moontlik te maak en sluit in:

Die vyf NSLP-pilare

  • Die geletterdheid- en gesyferdheidstrategie
  • Graad 12-leerderondersteuning
  • Hantering van AOO- en VOO-skole wat onderpresteer
  • Bevordering en stabilisering van skole se funksionaliteit
  • Maak spesiale skole funksioneel

Die redes vir die vyf pilare is die monitering, assesserings en evaluerings wat gedoen word om hierdie onderliggende probleme uit te wys en aan te spreek.

Die taak om bogenoemde strategie met sy pilare te implementeer, is om leerderprestasie en die stabilisering van die hele onderwysstelsel volhoubaar te verbeter. Hierdie strategie het ook verklaar hoe positiewe uitkomste bereik kan word met al die onderwysbelanghebbendes wat baie nou saamwerk.